MunicipalNews

OPVOLG: Vullisterrein weer toeganklik

Daar was ook volgens dié skrywe ’n roller, wipbak, stootskraper en ’n laaigraaf deur Gert Sibande Distriksraad aan die munisipaliteit geskenk.

Die vullisterrein is weer toeganklik nadat Lekwa Munisipaliteit ‘n laaigraaf van Sahara Sand gehuur het.

Die Standerton Advertiser het onlangs oor die ingang van die terrein wat met rommel besaai was en voertuie wat by die hek gekeer is, berig. Die laaigraaf was ‘n dag besig en het die rommel aan die binnekant van die terrein begrawe en sommige op hope gestoot.

Volgens mnr. Johannes van der Wath, DA-raadslid, is die Lekwa Munisipaliteit verantwoordelik vir die vullisterrein se instandhouding.

Mnr. Van der Wath het gesê die toestand van die stortingsterrein is onaanvaarbaar.

Luidens ‘n brief vanaf die munisipaliteit aan mnr. Van der Wath, is die opvulterrein die verantwoordelikheid van die distriksmunisipaliteit, maar weens ‘n geldtekort is die verantwoordelikheid aan die Lekwa Munisipaliteit oorgegee wat dit namens die distriksmunisipaliteit beheer.

Die munisipaliteit het op 12 Mei 2010 die permit om die terrein vir storting te gebruik, ontvang.

Daar was ook volgens dié skrywe ‘n roller, wipbak, stootskraper en ‘n laaigraaf deur Gert Sibande Distriksraad aan die munisipaliteit geskenk.

Gedurende Desember het ‘n munisipale werker glo aan me. Ester Zeeman, inwoner van Standerton, gesê dat die laaigraaf ses maande lank stukkend was en dat dit nou herstel is.

Die Standerton Advertiser het op 14 Desember en weer op 5 Januarie ‘n e-pos aan me. Thobeka Mtshiselwa, kommunikasiebeampte van die munisipaliteit, gestuur om hulle kant van die saak te stel, maar het nog geen terugvoer ontvang nie.

LEES OOK

Vullisterrein in haglike toestand

Vullis word self verwyder

Karkasse onwettig gestort by vullisterrein

Pasiëntvertroulikheid moontlik by stortingsterrein geskaad

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button