CrimeNews

Dief onder ontvangstoonbank betrap

Die inbreker het reeds die radio, ’n knipper en oorfone van ’n selfoon in ’n sak gepak, gereed om te verwyder.

’n Dief het op Saterdag, 7 Januarie sy rieme styf by Kathy’s Barber Shop geloop.

Kasselman Veiligheidsdienste het tydens patrollie ’n oop venster by die haarkapper opgemerk.

By nadere ondersoek het hulle bevind dat die venster gebreek is.

Hulle het met die eienaar, me. Kathy Swart in verbinding getree wat dadelik na die perseel uitgekom het.

Kasselman het die gebou saam met me. Swart en mnr. Piet Swart betree en hulle het die inbreker onder die ontvangstoonbank aangetref.

Die booswig het reeds die radio, ’n knipper en oorfone van ’n selfoon in ’n sak gepak, gereed om te verwyder.

“Dis die eerste keer in 10 jaar wat daar ’n inbraak by my was.

Ek is net dankbaar dat die skurk gevang is.” het me. Swart gesê.

Geen saak is geopen nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button