Na aanleiding van die spoorstaafroof op 6 Januarie by De Kuilen het die Standerton Advertiser navraag gedoen om vas te stel waarom Transnet nie die 2 km-lange spoorlyn verwyder nie.
Die spoorlyn in die De Kuilen-omgewing het drie maal vanjaar korter weens diefstal geword.
Mnr. Mike Asefovitz, woordvoerder van Transnet, het gesê dat die spoorstawe aan verskillende partye behoort, hoewel die groter meerderheid Transnet se eiendom is.
Hy het ook gesê dat daar planne is om sommige van die spoorlyne weer in gebruik te neem.
Volgens mnr. Asefovitz is Transnet verantwoordelik vir 22 000 spoorlyne landwyd en is dit baie moeilik om al die lyne op te pas, veral in die ylbewoonde gebiede.
“As die boere, Transnet en die polisie saamwerk, sal die kabel- en spoordiefstal bekamp kan word.”
Lees meer hieroor in die Standerton Advertiser.



