Skelms het op 12 Januarie die woning van mnr. Fanie Gouws in Florapark betree, terwyl hy in die huis was.
Mnr. Gouws het gesê hy was net na 3vm in sy kombuis op sy foon besig.
Hy het nie ligte in die huis aangeskakel nie.
Volgens hom was hy skaars terug in die bed toe hy die liggie in die gang gesien het.
By nadere ondersoek het hy ‘n onbekende persoon in die gang gesien wat ‘n selfoonlig gebruik het om sy weg te vind.
Volgens hom het hy dadelik besef dat dit sy foon was wat hy in die kombuis gelos het en het op die man geskree.
“Ek was so kwaad toe ek besef het dat hy my selfoon in sy hande het.
“Die man het soos blits verdwyn.” het mnr. Gouws ook gesê.
Lees die volledige berig in vandeeswees se Standerton Advertiser.


