MunicipalNews

Lekkende waterpyp gee hoofbrekens

Oor ’n tydperk van twee dae het me. Louw R700 se krag gebruik na die meter geïnstalleer is.

Me. Benita Louw sit met haar hande in haar hare nadat sy vanaf verlede jaar met die Lekwa Munisipaliteit sukkel om ’n lekkende waterpyp te herstel.

Sy het ’n fout op haar kragboks op 26 Augustus verlede jaar aangemeld.

Die elektrisiteitsafdeling van die munisipaliteit het die fout op die stroombreker (circuit breaker) herlei met die belofte om dit die daaropvolgende Maandag te herstel.

Daar het egter dadels van gekom en me. Louw het telkemale die elektrisiteitsafdeling geskakel waartydens hulle gesê het hulle het nie kragbokse in voorraad nie.

Sy het op 6 Oktober die lekkende waterpyp weer by die brandweerafdeling aangemeld.

Mnr. Sandile van die munisipaliteit het op 1 November ’n “smart meter”geïnstalleer, maar daar is niks aan die lekkende pyp gedoen nie.

Oor ’n tydperk van twee dae het me. Louw R700 se krag gebruik na die meter geïnstalleer is.

Mnr. Sandile het die meter getoets en bevind dat die kragboks foutief is.

’n Privaatelektrisiën is deur die huiseienaar ontbied en hy het vasgestel dat die stroom (voltage) erg verlaag het.

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button