CrimeNews

Boere moet paraat wees

Plaasaanvalle is besig om toe te neem in die omgewing.

BETHAL – ’n Plaaslike boer het gewaarsku boere moet paraat wees teen plaasaanvalle.

Twee bevestigde aanvalle het verlede jaar in die Bethal-distrik plaasgevind en aanvalle is ook in die Ermelo- en Middelburg-distrikte aangemeld.

Plaasaanvalle is besig om toe te neem in die omgewing.

Tydens meeste van dié aanvalle, is die inwoners nie ernstig beseer of vermoor nie.

Bejaardes en selfs gestremdes is aangerand en in die gesig, maag en arms geslaan.

Handwapens, messe, pangas en selfs militêre wapens is ook na aanvalle gevind.

Rowers gebruik egter enige iets tot hul beskikking om hul doel te bereik.

Boere of enige iemand wat op ’n plaas woon, moet sorg dat hulle te alle tye voorbereid is.

Mense moet paraat wees en oplet of iemand die plaashuis dophou en veral wanneer daar vreemdelinge op die plaas rondloop.

“Mense moet weet dit gebeur en moet reg wees vir enige iets wat enige tyd kan gebeur,” het die boer gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button