Die kommerwekkende toestand van die vullisterrein is op 23 Desember onder die loep geneem.
’n E-pos is aan me. Thobeka Mtshiselwa, woordvoerder van die Lekwa Munisipaliteit, gestuur om oor dié kwessie en bewerings dat die munisipale stootskraper blykbaar al ses maande stukkend is, navraag te doen.
Me. Mtshiselwa het gereageer deur te sê dat die stootskraper slegs twee en nié ses maande stukkend was nie.
Volgens haar is die stootskraper aan ’n diensverskaffer vir herstelwerk gestuur en dat die munisipaliteit die afgelope twee maande ’n stootskraper gehuur het om die terrein in stand te hou.
Sy het ook gesê dat die pad oop is om by die terrein in te ry al is daar hope vullis aan albei kante van die ingang gestort.
Volgens me. Mtshiselwa gaan die Departement van Afval-en-Rommel kwotasies van plaaslike diensverskaffers aanvra om die pad en die binnekant van die terrein verder skoon te maak.
Beamptes van die departement het blykbaar op 13 Januarie inspeksie by die terrein gedoen en kon geen diereafval vind nie.
Hulle het na bewering onderneem om die terrein gereeld te monitor.
Luister hieronder na ’n klankgreep wat in Mei 2015 opgeneem is na karkasse by die vullisterrein gestort is.
LEES OOK:
Stortingsterrein in haglike toestand
OPVOLG: Vullisterrein weer toeganklik
Karkasse onwettig gestort by vullisterrein



