
Die Standerton se lisensiekantoor is op 10 en 14 Desember beroof.
Die Standerton Advertiser het ’n e-pos met vrae aan die Lekwa Munisipaliteit gestuur.
Me. Thobeka Mtshiselwa, woordvoerder, het gesê dat die alarm in die lisensiekantore in werking was toe die diefstal plaasgevind het.
Die munisipaliteit ondersoek die rede waarom daar slegs een wag aan diens in albei gevalle was.
Sy het bevestig dat alle geld wat hulle ontvang, daagliks gebank word.
Op die vraag of kontant in die hoofgebou gebêre word, het me. Mtshiselwa gesê dat hulle om veiligheidsredes nie mag sê waar geld gehou word nie.
Volgens haar word die kantore stiptelik bestuur volgens die ure soos op die gebou aangedui.
Sy het ook gesê dat die vorige inbrake steeds ondersoek word en dat hulle geen verdere inligting het om bekend te maak nie.


