Local newsNews

Secunda Rondekerk nooi leiers om gemeenskap te bou

N.G. Kerk bedank gemeenskapsleiers tydens ontbyt.

SECUNDA – ’n Gemeenskap is net so sterk soos sy leiers en daarom het die N.G. Rondekerkgemeente verskeie gemeenskapsleiers genooi om Donderdag, 26 Janaurie saam ontbyt te nuttig.

Ds. Etienne Pheiffer, een van die leraars, het skoolhoofde, gesondheidswerkers, verteenwoordigers van die noodhulpdienste en polisie-offisiere toegespreek.

“Ons wil eerstens vir ons gemeenskapsleiers dankie sê.

“Julle hou ons veilig en gesond en help ons kinders opvoed.

“As gelowiges wil ons ook vir almal wat saam met ons ons gemeenskap bou, sê dat ons vir julle bid.

“Saam met julle is dit ons droom om die gebied veiliger en gesonder te maak vir alle inwoners.

“Ons wil aan ’n gemeenskap bou waar mense in vrede en rustigheid kan saamleef.

“Ons wil ’n gemeenskap wees wat vir al die regte redes uitstaan.”

Ds. Pheiffer het leiers van die gemeenskap genooi om hande te neem en saam vir ’n veiliger omgewing te werk.

Mnr. Willem Schoonbee, algemene bestuurder van Mediclinic Hoëveld, het namens die groep gepraat en die kerk vir hul moeite en ondersteuning bedank.

“Ons waardeer die geleentheid om mekaar beter te leer ken en is dankbaar vir die uitnodiging, sowel as die gebede.

“Almal van ons werk met mense en uit die aard van die saak is dit nie altyd die eenvoudigste beroepe nie, so die ondersteuning word waardeer.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button