‘n Man is in kritieke, maar stabiele toestand nadat hy herhaaldelik met ‘n mes gesteek is.
Hy het Sondagoggend omstreeks 12.40vm sy werksplek verlaat nadat sy skof verby was.
Hy het by die brug onderweg na die R23 opgemerk dat hy deur ‘n wit en ‘n swart motor met onderskeidelik vier insittendes agtervolg word.
Volgens die man het een van die insittendes ‘n vuurwapen op hom gerig en hy het probeer om weg te jaag.
Die skurke het hom gevolg tot waar hy by ‘n parkeerblad langs ‘n veld ingejaag het voor hy by sy motor uitgespring het in ‘n poging om weg te hardloop.
Hulle het hom gevolg en herhaaldelik met ‘n mes gesteek.
Na bewering wou hulle die man skiet, maar het besluit dat hy heelwaarskynlik klaar dood is.
Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.




