CrimeNews

Man verlaat ongelukstoneel uit vrees om beroof te word

Plaaswerkers het die polisie in kennis gestel van ’n man wat met ’n sak geld op die Vrede-pad geloop het.

Na ’n botsing op 7 Februarie tussen ’n BMW en ’n Bantam-bakkie op die R23, het laasgenoemde bestuurder die hasepad gekies met kontant wat vermis is, maar die motoris en geld is later opgespoor.

Dié twee voertuie was in ’n botsing betrokke en die BMW het aan die brand geslaan nadat dit teen die bakkie gebots het.

Die bestuurder van die bakkie was blykbaar onderweg om aflewerings van sigarette in KwaZulu-Natal te doen en het ’n groot bedrag kontant by hom gehad.

Standerton Polisie staan by die uitgebrande BMW na die ongeluk op die R23 en wag vir die insleepdienste om die voertuig te laai.

Kapt. Bongani Sikhakhane van die Perdekop Polisie het gesê die man het beweer dat hy van die ongelukstoneel af weggehardloop het uit vrees dat hy beroof sal word.

Die K-9 (honde-eenheid van Standerton) het in samewerking met die Perdekop Polisie na die man gesoek.

 

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button