MunicipalNews

Bus sit in slaggat op die hoek van Baumann- en Kameeldoornstraat vas

Die Lekwa Munisipaliteit het die slaggat met gruis opgevul, maar dit spoel reeds alles uit.

’n Slaggat op die hoek van Baumann- en Kameeldoornstraat het ’n bus neus in die teerpad gelaat.

’n Bus se voorwiele het onlangs in ’n diep gat vasgeval.

Volgens ’n inwoner van Prevetstraat wat dit sien gebeur het, moes ’n insleepdiens ontbied word om die bus uit die gat te sleep.

Die tou het drie keer gebreek voordat die bus kon wegry.

Die slaggat was so groot dat ’n bus se voorwiele (dubbelwiel) daarin vasgesit het en nie sonder insleepdienste daar kon uitkom nie. Foto: Frikkie Saayman.

Die inwoner het ook gesê dat ’n ligte voertuig ook daar vasgesit het wat deur ’n bakkie uitgesleep moes word.

Die Lekwa Munisipaliteit het die slaggat met gruis opgevul, maar dit spoel reeds alles uit.

Dit blyk dat ’n stukkende waterpyp die oorsaak van die padverbrokkeling is.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button