MunicipalNews

DBV en die munisipaliteit sit steeds nie om een tafel nie

Die bees was nie dood nie en volgens die inwoner is die dier wreed in stukke opgekap.

Rondloperbeeste op Standerton blyk ’n nimmereindigende stryd te wees.

Die Standerton Advertiser het op 25 November verlede jaar berig oor die dispuut tussen die DBV en die Lekwa Munisipaliteit rakende die kontrak wat verval het.

Volgens me. Jenneth Geel, senior inspekteur van die DBV, het die DBV het vanaf 2012 geen betaling vanaf dié munisipaliteit ontvang nie.

Sy het blykbaar gepoog om met die munisipaliteit ’n afspraak te maak, maar het later gesê sy sukkel om telefonies met hulle in verbinding te tree.

Me. Geel het dit weer eens beklemtoon dat die DBV minder as R3 000 ’n maand uit die Standerton-gemeenskap ontvang en steeds afhanklik is van hulp wat vrywilligers van ander dorpe aan hulle verleen.

“Standerton-gemeenskap se hulp word dringend benodig.”

Me. Geel het gesê dat die rondloperbeeste nie sonder ’n kontrak verwyder word nie, want dit sal as veediefstal gekwalifiseer word.

Die Standerton Advertiser het ’n navraag aan me. Thobeka Mtshiselwa, woordvoerder van die Lekwa Munisipaliteit, gestuur waarin navraag gedoen is oor wie geskakel moet word om die kontrak te hernieu en oor die beweringe dat me. Geel nie ’n afspraak kon kry nie.

Me. Mtshiselwa het gesê dat die munisipale kantore enige tyd besoek kan word deur me. Geel of die publiek indien hulle afsprake wil maak.

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

 

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Highvelder, Ridge Times.

For more news and interesting articles, like us on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button