Local newsNews

Annetjie wen bromponie in Papegaaibottelstoor se kompetisie

Die Papegaaibottelstoor op Trichardt het onlangs ’n gelukkige trekkingkompetisie aangebied.

TRICHARDT – Die Papegaaibottelstoor het onlangs ’n kompetisie geloods waartydens twee gelukkige wenners ’n Blaze Jet 125cc-bromponie of ’n Jerry-kan wat as ’n klein kroeg kan dien met inhoud, kon wen.

Die Jerry-kan met inhoud was ter waarde van R3 500 en die bromponie meer as R13 000.

Kliënte wat ’n duisend rand of meer bestee het, kon hul strokies in die houer vir die gelukkige trekking gooi.

Me. Annetjie Grobbelaar het die bromponie gewen.

Die Papegaaibottelstoor beplan om nog van dié gelukkige trekkings aan te bied.

Hou hul Facebookblad dop vir spesiale aanbiedinge en kompetisies.

Die wenner van die Jerry-kan kon nie op die dag van die trekking in kennis gestel word nie.

 

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Highvelder, Standerton Advertiser

For more news and interesting articles, like us on Facebook, and follow us on Twitter and Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button