Local newsNews

Asst.-prof. Arie Vellema voormalige Standertonner stuur groete uit Korea

Hy voorsien nie dat hulle in die nabye toekoms na Suid-Afrika sal terugkeer nie.

Sy mooiste herinneringe is dié saam met sy broers, familie, vriende en hengel saam met sy oupa.

Na byna nege jaar in Korea, hunker asst.-prof. Arie Vellema steeds na die gevoel van by die huis wees, biltong en Suid-Afrika se natuur.

Hy is een van ’n drieling wat in Pretoria gebore is en het saam met sy twee broers, Sjouke en Haize, en hulle ma, me. Riensie Vellema, na Standerton verhuis voordat die kleuters skool toe moes gaan.

Laerskool Standerton was sy primêre skool en hy het aan Hoërskool Standerton gematrikuleer.

Op skool was hy aktief in atletiek en het Oos-Transvaalse Mpumalanga kleure in spiesgooi verwerf en gedurende die wintersportseisoen het hy hom met rugby, tennis, krieket en jukskei besig gehou.

Na skool het hy by Potchefstrooms Universiteit aangesluit waar hy in Menslike Bewegingskunde sy graad en honneurs behaal het.

Die studielus is steeds nie geblus nie en hy het sy meestersgraad in Onderwys deur ’n Amerikaanse universiteit voltooi.

 

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

 

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Highvelder, Ridge Times.

For more news and interesting articles, like us on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button