Local newsNews

Bethal VLU leer meer oor bokmelkkaas

“Bokmelk is die naaste aan moedersmelk en is baie voedsaam.”

BETHAL – Die plaaslike VLU-tak se maandelikse vergaderings is iets om na uit te sien.

Hulle sorg vir interessante en leersame byeenkomste.

Een van die voorste bokmelkprodusente was die spreker tydens die vergadering op 21 Februarie.

Me. Mhyste van Wyk se passie was van jongs af om met bokke te boer.

Sy wou allergiese baba’s van bokmelk voorsien.

“Bokmelk is die naaste aan moedersmelk en is baie voedsaam,” het me. Van Wyk genoem.

Sy het in 2010 bokke wat meer melk gee, in die Vrystaat aangekoop.

Dit is toe dat die grootskaalse kaasbedryf posgevat het.

Me. Van Wyk het haarself geleer om kaas te maak en het al verskeie nasionale en internasionale toekennings daarvoor verwerf.

Lede van Bethal VLU het gesmul aan die verskeidenheid kase wat me. Van Wyk voorgesit het.

Die volgende vergadering vind op 23 Maart plaas.

Vir meer inligting, skakel me. Wilna Redelinghuys by 0824571966.

 

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Highvelder, Standerton Advertiser

For more news and interesting articles, like us on Facebook, and follow us on Twitter and Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button