Local newsNews

Dorothy verloor stryd teen kanker

Met haar aftrede in 1996 het sy oorgeneem as eienaar van RR Travel.

Dorothy Bothma (71) is in 2002 met nierkanker gediagnoseer en is Sondag ná jare se stryd teen dié siekte oorlede.

Sy het in 1974 na Ermelo verhuis waar sy met Dan Bothma getroud is.

Dorothy was ‘n laboratoriumtegnikus vir die Navorsingsinstituut van Suid-Afrika en het in 1977 Ermelo Hospitaal se laboratorium begin en gedryf.

Met haar aftrede in 1996 het sy oorgeneem as eienaar van RR Travel.

Haar vriendin van 40 jaar, Maggie van Niekerk, beskryf haar as ‘n “classy lady” en vertel dat sy baie professioneel in haar werk was.

Dot, soos haar vriende haar genoem het, was ‘n baie privaat mens wat meer oor ander besorg was as oor haarself.

Sy was ‘n entoesiastiese voëlkyker en Maggie beskryf haar huis as ‘n “hawe vir voëls. Sy het selfs toe sy die laaste ruk so siek was gesorg dat daar elke dag verskillende sade en vrugte vir die voëls uitgesit word.”

Dorothy se groot liefde was om te reis en te lees. Sy het graag koerant gelees, ‘n plesiertjie wat sy haarself Sondae met ‘n hoop koerante gegun het, want sy wou weet wat in die wêreld aangaan.

“Dot het waarlik ‘n fantastiese lewe gehad, sy het werklik hard gewerk en lekker gespeel,” sê Maggie.

Dorothy laat ‘n suster en hartsvriende agter.

‘n Gedenkdiens vir Dorothy vind Vrydag 11:00 by die Family Life Church in De Bruinpark plaas.

 

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Ridge Times and Standerton Advertiser.

For more news and interesting articles, like us on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button