Local newsNews

Dr Gerhard Herbst groet na 45 jaar

Dis vir hom ’n riem onder die hart om sy pasiënte te groet.

Dr. Gerhard Herbst laat sy besige lewe op Standerton agter om in Pretoria te gaan nesskop.

Na 45 jaar en agt maande as geneesheer in die praktyk waarin hy op 1 Julie 1971 ingestap het, het dit tyd geword om afskeid te neem.

Dr. Herbst, wat graag oor politieke en wêreldgeskiedenis lees, is in Brakpan gebore en het in Pretoria grootgeword.

Hy het by Afrikaans Hoër Seunskool gematrikuleer en medies aan die Universiteit van Pretoria studeer en het ook in die Jakarandastad sy vrou ontmoet.

Die besluit om ’n dokter te word het onstaan nadat sy ma in sy standerd nege jaar oorlede is.

Sy vrou, Clara, se lieflike geaardheid, onvoorwaardelike manier waarop sy liefde aan hom betoon en uiterlike skoonheid het hom die knoop laat deurhaak.

Die egpaar is met drie kinders en vyf kleinkinders geseën.

Hy is dankbaar teenoor sy vrou en kinders dat hulle hom onselfsugtig vir jare lank met sy pasiënte gedeel het.

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button