Die symuur van die Meyerville-spoorwegbrug het op 23 Februarie in Nelson Mandelarylaan geval.
Die verkeersdepartement en brandweer was vinnig op die toneel om verkeer te reguleer.
Daar was geen ongevalle nie en Transnet-veiligheidswerkers het die oorsaak van die voorval ondersoek.
Volgens ’n Transnetwerker is daar vermoedelik ’n sementsteen dwars oor die spoor deur kwaaddoeners gesit.
Blykbaar het ’n trein die steen raakgery en die middelste muur afgestamp en ’n ander gedeelte van die muur onveilig gelaat.
Transnetwerkers het die muur wat gevaar ingehou het, verwyder sodat deurgang onderdeur die brug veilig vir padgebruikers kon wees.
Die treinspoor is dieselfde dag veilig vir treinverkeer verklaar.
Na bewering doen Transnet die nodige opmetings en beplan om binnekort nuwe symure op te sit.
Lede van die brandweer het met grawe van die stukke beton uit die pad verwyder totdat Transnet later die opruimingswerk by hulle oorgeneem het.
Sien al die foto’s HIER
LEES OOK:
VIDEO – Struktuur gee mee by Meyerville-spoorwegbrug
GALERY – Struktuur gee mee by Meyerville-spoorwegbrug



