CrimeNews

AfriForum-buurtwagte in Mpumalanga-Wes neem deel aan nasionale patrollie

Altesaam 5 708km is in die onderskeie dorpe deur 215 patrolleerders in 150 voertuie afgelê, en in 599 manuur is 10 voorvalle suksesvol uitgeklaar.

Die AfriForum-buurtwagte op Delmas, eMalahleni (Witbank), Middelburg en Standerton het op 11 Maart aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.

Altesaam 5 708km is in die onderskeie dorpe deur 215 patrolleerders in 150 voertuie afgelê, en in 599 manuur is 10 voorvalle suksesvol uitgeklaar.

“Ons doen ’n beroep op gemeenskappe om meer by veiligheidstrukture betrokke te raak om te verseker dat hul omgewing veilig is,” het mnr. Hillel Coetzer,

AfriForum se streekskoördineerder vir Mpumalanga-Wes, gesê.

“Ons gemeenskappe se veiligheid is nie ’n eenmansaak nie – ons moet saamstaan om dié stryd te veg.”

AfriForum wil elke buurtwaglid vir hul deelname bedank, asook die polisie en elke privaatinstansie wat aan die nasionale patrollie deelgeneem het.

Raak vandag by jou plaaslike buurtwag betrokke deur die die plaaslike AfriForum-noodnommer te skakel:

• 071 209 2978 (Standerton)

Jy kan ook die woord “Buurtwag” na 45350 SMS (R1).

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button