Sluit by kuiergroepie vir ma’s en kinders aan
Wanneer ons saam kuier is dit die ideale plek en tyd om antwoorde en raad vir mekaar te gee
SECUNDA – Me. Lisa Posthumus het dit goed gedink om ’n kuiergroepie vir ma’s en hul kinders te begin.
“Die lekkerte daarvan is dat vroue met kinders saam kan kuier terwyl die kinders speel.
“Daar is baie vroue wat hul eerste baba het en wat nog baie vrae het.
“Wanneer ons saam kuier, is dit die ideale plek en tyd om antwoorde en raad vir mekaar te gee,” het me. Posthumus gesê.
Dié groepie het reeds hul eerste bymekaarkom gehad en beplan om een of twee keer ’n maand bymekaar te kom.
Hulle wil ook probeer om elke keer by ’n nuwe koffiewinkel bymekaar te kom.
Dit is gratis om by die groep aan te sluit.
Ma’s wat graag by hulle wil aansluit, kan me. Posthumus skakel by 072 179 0189.



