Local newsNews

Diereliefhebbers staan bont

Wegloop- of weggooitroeteldiere veg om oorlewing.

Wilde katkolonies op die dorp se versorging raak toenemend ’n probleem met sowel Feral Care Standerton as die Standerton Advertiser wat bewus van die dilemma gemaak word.

Feral Care Friends is ’n nie-winsgewende organisasie met me. Ceska van Huyssteen wat aan die hoof van die satellietkantoor op die dorp staan.

Wilde katte hou die knaagdierbevolking onder beheer en speel dus ’n belangrike rol in die gemeenskap.

Die aanwas in die bevolking is vanweë wyfiekatte wat tot drie maal ’n jaar geboorte kan gee en selfs op die ouderdom van vier maande al dragtig kan wees.

Dié weerlose diertjie is nie aan sy eie genade oorgelaat nie. Foto Leopold van Huyssteen

Wilde katte, wat nie gesteriliseer is nie, is die nageslag van wegloop- of weggooitroeteldiere wat om oorlewing veg.

Hongersnood en siektes staar dié diere in die gesig sonder ingryping om die getalle se vermeerdering te beheer.

Me. Van Huyssteen het tydens spreekbeurtgeleenthede by Laerskool Kalie de Haas en Laerskool Standerton grotendeels daarin geslaag om wanpersepsies uit die weg te ruim.

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button