Laerskool Secunda se Graad RR-klas was die wenklas by dié skool se bloedskenkdag op 20 Mei. By die klas is hul onderwysers, Madga Maré en Anri de Wet, Dot Prinsloo, skakelbeampte van die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens se tak op Secunda en Jaco Bothma, skoolhoof. Foto: Verskaf.
Laerskool Secunda het die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) op 20 Mei vir die dag aangeneem deur ’n bloedskenkdag by die skool te hou.
Personeel van SANBS het met die landsdiensleerders gesels en hulle vertel hoe belangrik bloed in die mediese veld is.
Die bloeddiens het altesaam 54 eenhede bloed op dié dag ingesamel.
Dot Prinsloo, skakelbeampte van SANBS se tak in Secunda, het die Gr RR-klas, wat as die wenklas aangewys is, gelukgewens met hul inspanning en entoesiasme.
Sy het ook vir Danny Hanger, wat die meeste skenkers vir die dag gewerf het, vir sy ondersteuning bedank.
“Dankie ook aan elke onderwyser, leerder, ouer en almal wat moue opgerol het om dié lewensreddende aksie te ondersteun,” het Prinsloo gesê.
“Julle goedhartigheid en gemeenskapsgees skyn helder.”
Antoinette Schépers skenk bloed op 20 Mei by Laerskool Secunda se bloedskenkdag. Foto: Verskaf.
Petro Bester skenk bloed op 20 Mei by Laerskool Secunda se bloedskenkdag. Foto: Verskaf.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
I have been working for the Ridge Times newspaper for 15 years. I worked in a few other fields before starting to work for the newspaper in October 2009. I have a diploma in Journalism and the areas where I cover news include Secunda, Bethal, Trichardt, Evander, Leandra and Kinross.