Sarie ontvang Goue Springbok-toekenning
Dié eerbewys is te danke aan 10 jaar se toewyding.
Me. Sarie Brits, ‘n onderwyser by Laerskool Kalie de Haas, is onlangs met ‘n “Goue Springbok”-toekenning vereer.
Dié eerbewys is te danke aan 10 jaar se toewyding en harde werk met landsdiens.
Mpumalanga Landsdiens het van 20 tot 21 Maart ‘n opleidingskamp vir klubleiers aangebied.
Deur landsdiens word ‘n liefde vir die bodem aangewakker deur die beginsels van grondbewaring te beklemtoon.
Gronduitputting, veldvernietiging en gronderosie se gevolge word onder die loep geneem wat die beskerming en verbetering van die bodem, plantegroei en watervoorraadbronne insluit.
Landsdiens fokus op die holistiese ontwikkeling van die kind gerugsteun deur liefde vir die Skepper, medemens, natuur en arbeid.



