Editor's choiceLocal newsNews

André Nortjé begrawe

Moontlike leidraad gevind in André Nortjé moordsaak.

 

Mnr. André Nortjé, wie se lyk op 27 Maart op ’n grondpad tussen Kriel en Bethal gevind is nadat hy ses dae vantevore onder raaiselagtige omstandighede spoorloos verdwyn het, is vandeesweek begrawe.

Die begrafnis het op 5 April op Kriel plaasgevind.

Mnr. Nortjé is vir die laaste keer deur sy ouma by hul huis gesien toe hy haar gevra het waar sy ma was en is daarna na sy kamer toe.

Niemand weet hoe hy die huis verlaat het nie.

Sy ma, me. Nicolene Makkink, het onraad vermoed toe hy teen die aand nog nie na hul huis teruggekeer het nie.

Dit was vir haar vreemd dat haar seun se besittings soos sy selfoon, sigarette en skoene agtergelaat is.

Al wat vermis is, was mnr. Nortjé se tabletrekenaar.

’n Soektog na hom is op sosiale media geloods en selfs die Pink Ladies, ’n organisasie wat help met sake van vermisde persone, het ook gehelp.

Me. Makkink is op 27 Maart ingelig dat ’n liggaam op ’n grandpad net buite Bethal gevind is en het hom aan sy bene en bokserbroek wat sigbaar was, uitgeken.

Sy kop was in ’n kombers toegedraai en dit het gelyk asof hy al ’n geruime tyd dood was omdat sy vel reeds begin verkleur het.

Volgens me. Makkink was mnr. Nortjé vir agt jaar ’n heroïenverslaafde, maar is van verlede jaar af skoon nadat hy vir ’n jaar in ’n rehabilitasiesentrum gewoon het.

Hy was lewenslustig en het planne vir die toekoms gehad .

’n 33-jarige man is op 31 Maart tydens ’n dwelmondersoek in hegtenis geneem en daar is bloedvlekke en hare van menslike oorsprong in die man se motor gevind wat moontlik met mnr. Nortjé se dood verbind kan word.

 

Lees ook ‘Jongman (21) dood gevind op plaas’.

Suspect arrested, might be linked to murder.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button