Goeie nuus vir die Werner-gesin
Kyle sterk goed aan na sy derde veloorplanting.
Kyle Werner (11) se reeksoperasies en veloorplantings was tot dusver suksesvol.
Dié leerling van Laerskool H.M. Swart het vroëer verlede maand by sy huis brandwonde opgedoen toe brandstof aan die brand geslaan het.
Kyle het ’n bottelproppie vol brandstof wat sy ouers vir die grassnyer gekoop het, aan die brand gesteek.
Hy het erge brandwonde aan sy arms, bene en bolyf opgedoen toe die brandstof op sy klere geval en die vlamme versprei het.
Hy het die eerste van ’n reeks veloorplantings op 24 Maart in die Netcare Clinton Hospitaal op Alberton ondergaan.
Dokters het vel van sy rug en regterbeen geneem en na die brandwonde op sy lyf oor te plant.
Kyle het sy vierde veloorplanting ondergaan.
Die Werner-gesin is in kennis gestel dat hul mediese onkoste deur hul medies fonds betaal gaan word.
“Ons is baie bly, ek wil uit my vel spring,” het me. Engela Werner, Kyle se ma, gesê.
Hoewel Kyle steeds pyn verduur, is sy wonde besig om te genees.
Dokters beraam dat Kyle nog vir sewe weke in die hospitaal sal moet bly.




