MunicipalNews

LCUC markeer doeltreffend die pas

Die LCUC se droom is om 'n trekker en implemente te koop en het reeds hulle eie snyer ("slasher") in gebruik geneem.

Die Lekwa Clean Up Crew (LCUC) doen hul naam gestand.

Volgens me. Suzelle Kemp van dié organisasie het hulle sedert 20 Junie verlede jaar tot 11 April vanjaar 17 379 sakke vullis opgetel.

“Ons probeer ons bes,” het me. Kemp gesê.

Die dorp se instandhouding en aansig is vir hulle belangrik en hulle is ook betrokke by Grootdraaidam waar die ingang met plante spog en die skoonmaak van dié toeriste-aantreklikheid aandag geniet. “Ons wil graag meer ondernemings betrokke kry om finansieel te help,” het sy ook gesê.

Die LCUC se droom is om ‘n trekker en implemente te koop en het reeds hulle eie snyer (“slasher”) in gebruik geneem.

Hulle gaan egter nie tou opgooi om Standerton te dien en goed versorg te laat lyk nie.

Me. Cynthia Thabethe is een van die trotse Lekwa Clean Up Crew werkers.
Die Lekwa Clean Up Crew woeker om die dorp skoon te kry.
Die Lekwa Clean Up Crew maak skoon.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button