Kasselman Veiligheidsdienste het op 18 April twee mans in verband met diefstal in hegtenis geneem.
Volgens Kasselman het die mans vermoedelik die sleutel van ‘n dokter se spreekkamer gesteel en gebruik om toegang tot die perseel te kry.
Kasselman het gesê die dokter het hulle in kennis van sekere vermiste items in kennis gestel, maar daar was geen aanduiding van geforseerde toegang gewees nie. Hulle het ook gesê die diewe kon die alarm afgeskakel het na toetrede tot die spreekkamer.
Volgens hulle het die diewe gebuit wat hulle wou hê en die eiendom daarna gesluit en verlaat.
Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.



