Local newsNews

Suster Woithe sterf

Die mense wat deel van haar lewe was word genooi om Vrydag, 28 April om 10:00 'n oordenking- en huldeblykdiens in die Metodiste Kerk op die hoek van Kerk- en De Jagerstraat by te woon.

Tannie Gertrud Woithe, beter bekend as Suster Woithe, is op 22 April in die vroeë oggendure oorlede.

Sy het sedert Januarie verlede jaar in die Duitse Ouetehuis in Groenkloof, Pretoria gewoon.

Haar gesondheid het begin agteruit-gaan, maar sy het, soos altyd, haarself regop gehou en soos dit haar geaardheid was, almal rondom haar op die hart gedra.

Sy kon nie genoeg vir ander mense doen nie, en was altyd op pad met iets om vir iemand af te lewer of te gaan kuier. Selfs in die ouetehuis het sy steeds na ander omgesien,

Sy het vroeër jare die Ermelo Hospitaal met ‘n ysterhand regeer en daar was in haar lewe geen grys gebied nie.

Dinge was reg of verkeerd en só was sy ook bekend onder haar personeel.
Doen dit reg of jy doen dit oor, was haar motto.

Ook in haar gemeente wat sy meer as 75 jaar gedien het, was sy die een wat in beheer was, Sondag vir Sondag, diens na diens, het sy gesorg dat daar altyd iets te ete was.

Ná ete kon daar ook nie lank gesit word nie, want dan was dit tyd om skottelgoed te was. Sy was ‘n vlytige vrou.

Haar wens was dat haar begrafnis eenvoudig en gemaklik moet wees.

Die mense wat deel van haar lewe was word genooi om Vrydag, 28 April om 10:00 ‘n oordenking- en huldeblykdiens in die Metodiste Kerk op die hoek van Kerk- en De Jagerstraat by te woon.

Vir meer inligting, skakel Edgar Filter by 082 900 5915 / 017 819 3027 of Pam Pullinger by 082 854 7567 / 017 811 2445.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button