Local newsNews

Marina hou haar by haar lees

Die kortverhaalgenre is haar voorkeur omdat dit ’n uitlaatklep is.

Me. Marina van Eck, ’n onderwyser by Morgenzon Landbou Akademie (MLA), kies haar oomblikke wanneer sy skryf.

Die kortverhaalgenre is haar voorkeur omdat dit ’n uitlaatklep is.

“Ek hou van verandering en nie daarvan om te veel tyd aan een gedagtegang te bestee nie,” het sy gesê.

Marina is in die destydse Rhodesië gebore en het in 1972 na Suid-Afrika verhuis.

Dié ontvanger van ’n elektromeganiese diploma het ook ’n “Advanced Diploma in Teaching” waar sy gr. 4 tot gr. 6 onderrig sowel as sommige hoërskoolklasse in Afrikaans en Engels.

Sy is uitgesproke oor die gebruik van jou moedertaal.

“Enige Afrikaanssprekende behoort dit sy doelwit te maak om die taal te versterk.”

Sy en haar man, JJ, het oor ’n tydperk in sowel Amerika as China op militêrgebaseerde kontrakte gewerk.

In Charleston, South Carolina in die VSA, was haar man die meganiese ontwerper en sy het dataverwerking gedoen.

“Dit was ’n uitdaging om oorsee te werk,” het sy ook gesê.

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button