Local newsNews

Hennie verloor kankerstryd

n Roudiens vir Hennie vind Vrydag om 11:00 by die NG Kerk De Bruinpark plaas.

Bekende Ermeloër Hennie Benecke (61) is Sondagaand ná ‘n kort stryd teen kanker oorlede.

Hennie is in 1956 in Ermelo gebore waar hy ook sy skoolloopbaan voltooi het.

Ná skool is hy as elektrisiën by Ermelo se stadsraad aangestel waar hy vir 30 jaar werksaam was.

Hy was die afgelope twee jaar in diens van FC Benecke Afslaers.

Hennie was jare lank ook ‘n bekende gesig by sy oom se veilings waar hy gereeld sy hulp aangebied het en hy sal altyd onthou word vir sy saggeaardheid en vriendelikheid.

Baie sal hom ook saam met sy twee worshondjies onthou en hoe hy altyd met ‘n glimlag sy hand uitgesteek en almal met ‘n waai gegroet het.

Sy eggenoot van 35 jaar, Rina, vertel dat sy nooit saam met hom dorp toe wou gaan nie, want teen die tyd dat hulle eindelik uitkom by wat hulle wou doen, het daar ure verbygegaan van almal wat eers gegroet en mee gesels moes word.

Rina vertel ook dat sy Hennie altyd sal onthou vir sy liefde vir sy medemens en sy nederigheid.

Hy het sy seuns ook geleer hoe belangrik dit is om dankbaarheid teenoor ander te betuig en het tot op sy sterfbed ‘n voorbeeld vir hulle gestel om deur al die pyn steeds dankie te sê as iemand vir hom iets doen.

Hennie laat sy vrou, drie seuns Braam, Danie en Eddie, vyf kleinkinders en vyf agterkleinkinders agter.

‘n Roudiens vir Hennie vind Vrydag om 11:00 by die NG Kerk De Bruinpark plaas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button