Gebreekte kragdraad veroorsaak veldvuur
’n Kragdraad het ’n veldvuur in Bethal Rand veroorsaak en groot dele van Bethal sonder krag gelaat.
Groot dele van Bethal was sonder krag op 26 April nadat ’n vuur om 3.30nm by ’n kragpaal in Bethal Rand ontstaan het.
Die vuur is glo deur ’n kragdraad wat van die paal af losgebreek het, veroorsaak.
Die veld rondom die paal het vlamgevat nadat die draad met die grond kontak gemaak het.
Mense het die vlamme met sand toe gegooi en gekeer dat die vuur verder as die kragpale versprei.
Die brandweer het die vuur binne minute geblus.
Inwoners het Eskom dadelik in kennis gestel, waarna Eskom ’n span ontbied het om die kragdrade te herstel.
Sommige dele van die dorp se krag is binne ’n halfuur herstel maar die gebiede naby die brand het langer wag voordat hul krag herstel is.
Die hele dorp se krag was weer teen 5.15nm aan.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.



