Inwoners moet self vuur blus in Secunda
Die vrou het rook geruik en besef dat daar fout is. Volgens ’n ooggetuie was die ouma in die bad gewees toe sy rook geruik het.
Inwoners van Piet Uysstraat was Maandag, 1 Mei in rep en roer toe ’n huis in dié straat omstreeks 3.15nm aan die brand was.
Lees meer en kyk die video hier: House on fire in Secunda
Hulle het in die straat gestaan en gehoor hoe iemand om hulp roep.
Rook het uit die huis geborrel.
’n Vrou en haar kleinkind (4 jaar) was alleen by die huis.
Die vrou het rook geruik en besef iets is fout.
Volgens ’n ooggetuie was die ouma in die bad toe sy rook geruik het.
Sy het net ’n baadjie gegryp en uit die huis gevlug.
Van die bure het glo vir die ouma wat halfnaak in die oprit van die huis gestaan het, gelag.
Die vrou het vir die bure gegil dat hulle haar kleinkind moet red en van die vlamme af moet kry.
Die bure het die brandweer glo vier keer geskakel, maar hulle het nie opgedaag nie.
Die huiseienaar het na 40 minute na die brandweer gery en hulle gaan haal.
Bure het intussen tuinslange gegryp en die vuur self begin blus.
Iemand het ’n hond in die huis gesien.
Sy pels was reeds aan die brand.
Die man het die hond gered en die vlamme op die hond geblus.
Die voëltjies wat nog in die huis was, was reeds dood.
Almal was geskok oor die swak optrede van die brandweer omdat brandweerwaens glo verby die smeulende huis gery het sonder om te stop.
Helpers moes met hul privaatvoertuie die straat afbaken sodat voertuie nie in die straat kon ry nie.
As jy die gesin kan help, skakel Henry by 079 511 4278.



