Local newsNews

Cindy kerf vir haar ’n loopbaan

Op die ouderdom van 16 het sy vir haar pa gesê sy wil gesigte skets en hy het haar touwys gemaak omdat hulle 'n baie kunsinnige familie is.

Me. Cindy Adendorff is ‘n vrou met ‘n talent wat mens in verwondering laat en met elke stuk wat sy uitkerf, laat sy haar hart en siel agter.

Sy het grootgeword op Charl Cilliers waar haar pa, mnr. Marius Adendorff, die wapensmid is, maar woon reeds vir ‘n geruime tyd op Standerton.

Op die ouderdom van 16 het sy vir haar pa gesê sy wil gesigte skets en hy het haar touwys gemaak omdat hulle ‘n baie kunsinnige familie is.

Een van die kolwe wat me. Adendorff uitgekerf het.

Volgens haar het sy dit baie geniet en later toe ook olieverf beproef. Sy het vertel haar pa het gesê dat sy dalk moet probeer om ‘n geweerkolf uit te kerf en hy het haar bygestaan met klasse in houtsneewerk wat sy tussen haar werk ook moes inpas.

Sy het ‘n kunsblad op Facebook begin om haar kuns ten toon te stel en so ook die kolf opgesit wat sy gekerf het.

‘n Man van Noorweë het dit in 2012 gesien, met haar in verbinding getree en gevra sy moet vir hom ‘n buffel kerf, ‘n uitdaging wat sy dadelik aangegryp het.

Elke kolf wat me. Adendorff daarna gedoen het, het sy op haar blad gelaai en die reaksie was oorweldigend.

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button