Wilma Maré versorg graag siek diere
Me. Wilma Maré het ’n liefde vir diere en dis haar passie om hulle te versorg wanneer hulle siek is.

Deur met diere te werk het me. Wilma Maré haar passie gevind.
Sy het van jongs af saam met haar familie op haar oupa en ouma se plaas buite Bethal na die plaasdiere omgesien wanneer sy daar gaan kuier het.
Me. Maré het sedert gr. 10 by die Bethal Dierekliniek gewerk.
Na matriek aan Hoërskool Hoogenhout in 2014 haar tweejaarstudies by Onderstepoort as diereverpleër begin.
Sy werk vanaf November 2016 voltyds by die Bethal Dierekliniek.
Vir me. Maré is haar beroep vervullend en sal sy dit vir geen ander beroep verruil nie.
Me. Maré het besef dat baie mense graag met diere wil werk, maar nie die emosionele sy daarvan kan hanteer wanneer diere uitgesit moet word nie.
“My werk behels meer as net liefde vir diere, dit behels omgee,” het me. Maré gesê.
Sy is meestal besig om die kleiner diere, soos honde met katgriep, by die dierekliniek te versorg, maar help ook tydens noodgevalle en operasies.
Haar raad aan ander wat dieselfde loopbaan as sy wil volg, is om eers by ’n veearts te gaan werk en dan te besluit of dié soort beroep hulle sal pas.
Me. Maré moedig hulle aan om by te staan tydens operasies en wanneer diere uitgesit moet word voordat hulle besluit om die beroep te volg omdat dit emosioneel veeleisend kan wees.
Lees die volledige artikel in die week se Ridge Times koerant.




