MunicipalNews

JONGSTE NUUS: Standerton en Sakhile sal vir twee dae kragonderbrekings hê

Die rede is dat die munisipaliteit die ou geleistang/versamelstaaf (“bus-bar”) op substasie-A sal afsonder en verwyder.

Die onlangse kragonderbreking wat van omstreeks 4vm tot die volgende dag in dele van die dorp geduur het, het mense hande in die hare gehad.

Volgens Exact se bestuurder me. Monica Omarjee, kon hulle glad nie die winkel se deure oopmaak nie weens rekenaars wat nie gewerk het nie, asook om veiligheidsredes.

Sy het gesê dit het die kettinggroep baie beïnvloed want ’n dag in ’n besigheidsmaand gaan verlore.

Mnr. Jeff Benjamin, bestuurder van CNA, was warm onder die kraag omdat geen klante gehelp kon word nie, asook geen doelwitte vir dié dag bereik is nie.

“Dit raak nie net alleen die winkel nie, maar ook my sak rakende die bonusse wat die einde van die jaar betaal word,” het mnr. Benjamin gesê.

Vir me. Mpulokeng Lebata, bestuurder van Sheet Street, was dit een te veel omdat hulle maanddoelwit nog nie bereik is nie en daaglikse verkope baie belangrik is.

Volgens haar het die klante gekla omdat hulle nie kon koop nie.

By Ritchie Ford kon die werknemers met hul dagtake aangaan omdat hulle voorsiening gemaak het vir ’n 350KV-kragopwekker, hoewel dit hulle ’n enorme bedrag van sowat R5 200 uit die sak gejaag het.

By die spreekkamers van Drs. Blom en Prinsloo kon pasiënte slegs gehelp word om afsprake te maak omdat die landlyne in onbruik was en om die ligte en rekenaars aan te hê, het R600 vir die dag gekos.

Volgens die Lekwa Munisipaliteit was die fout by die B-substasie wat aan Kosmospark, Florapark en ’n groot gedeelte van die dorp krag verskaf.

Werkers kon vinnig die fout op die oorhoofse, inkomende lyn 2 opspoor sodat gedeeltes van die dorp soos Meyerville nie lank sonder krag was nie.

Lyn 1 het meer probleme veroorsaak en herstelwerk het langer geneem en dele van Sakhile was die volgende dag steeds sonder krag.

Volgens ’n brief van die Lekwa Munisipaliteit sal die hele Standerton, asook Sakhile, op 11 Mei vir sowat ses ure sonder krag- en watertoevoer wees.

Die rede is dat die munisipaliteit die ou geleistang/versamelstaaf (“bus-bar”) op substasie-A sal afsonder en verwyder.

Inwoners is gemaan om ook water op te gaar om aan hulle behoefes te voorsien.

Lekwa Munisipaliteit het ’n dag na hul die kennisgewing uitgereik het ook die volgende kennisgewing op hul Facebook-bladsy gepubliseer:

A notice is hereby given to the residents of Lekwa Local Municipality that the Municipality will shut down electricity supply to the Sakhile area for a period of nine (9) hours on Wednesday, 10 May and Thursday 11 May, due to the following reasons:

The municipality will be doing a refurbishment and upgrading of the Sakhile electricity network.

The details are as follows:

This operation is planned to take place between 8am and 5pm

The operation is expected to only affect Wards 5, 6 and 11.

The municipality would like to apologise for any inconvenience that this may cause.

(Lekwa Communications)

Volgens ’n betroubare bron in die munisipaliteit, vervang die tweede kennisgewing nie die eerste nie en die krag sal dus 10 en 11 Mei onderskeidelik onderbreek word omdat dit twee afsonderlike projekte is.

Dus is albei kennisgewings geldig en kragvoorsiening sal in die gegewe tye onderbreek word.

Die bron het inwoners egter aangeraai om vir veiligheidsdoeleindes alle elektriesedrade steeds as lewendig te beskou.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button