Local newsNews

Syfer- en motorman van Ritchie-groep sê vaarwel

Na diens van 44 jaar by die Ritchie Groep ter plaatse, het hy op pensioen gegaan en sal op die dorp aanbly.

Mnr. Johan Lombard kon sy liefde vir vinnige motors en syfers in sy loopbaan kombineer.

“Ek het gedink syfers is my rigting, maar dit is motors,” het hy gesê.

Na diens van 44 jaar by die Ritchie Groep ter plaatse, het hy op pensioen gegaan en sal op die dorp aanbly.

“Die groot geheim is om af te tree waar jy gebly het.”

Hy het as Diensbestuurder op 2 Desember 1973 by die onderneming begin en is in 1982 tot Groep Diens-onderdelebestuurder bevorder wat takke soos Empangeni, Vryheid, Richardsbaai, Vrede, Volksrust, Amersfoort en Matumatuba ingesluit het.

Die 90-er jare sou hom as Groep Diens en Onderdelebestuurder sien en hy het in 1998 tot die direksie van Ritchie Motors (Edms) Bpk toegetree.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button