Hoërskool Standerton se hokkiespanne blink uit by uitspele
Die o.14-span is Mpumalanga wenners.
Hoërskool Standerton se hokkiespanne het op 23 Mei uitstekend gevaar tydens die uitspele, met albei spanne wat deurgedring het na die Noordvaal-toernooi.
In die eerste ronde het die o14-span Bergvlam met 4-1 geklop, terwyl die o15-span ook ’n sterk vertoning gelewer het met ’n 3-0 oorwinning teen Bergvlam.
Die o14-span het daarna die eindstryd oorheers en Hoërskool Rob Ferreira met 4-0 verslaan om as Mpumalanga wenners gekroon te word.

Die o15-span het in hul eindstryd teen Hoërskool Volksrust met 3-1 vasgeval en as Mpumalanga naaswenners geeindig.
Die skool se tweede netbalspan wat as naaswenners van die Gert Sibande-streekkampioenskappe aangewys.
Die span het na die Mpumalanga-eindstryd deurgeding.

ALSO READ: Standerton youth inspired by theatre experience



