Local newsNews

Secunda AfriForum-tak gryp in om waterlek te herstel ná ’n motorongeluk in Watersonstraat

Secunda gaan glo binnekort ’n nuwe buurtwag ryker wees en die span wat by die herstel van die waterlek betrokke was, gaan deel daarvan vorm.

“Danksy flink optrede en goeie samewerking, was die probleem in Watersonstraat vinnig opgelos,” het mnr. Nico Venter, veiligheidsvoorsitter van die tak, gesê.

Secunda gaan volgens hom ook binnekort ’n nuwe buurtwag ryker wees en dat die span wat by die herstel van die waterlek betrokke was, deel daarvan sal vorm.

Dié buurtwag sal op 30 Mei gestig word en meer besonderhede sal op die tak se Facebookblad beskikbaar wees.

“Ons beoog om die gemeenskap in die toekoms op verskeie gebiede by te staan, hetsy met waterprobleme of veiligheidskwessies,” het me. Hillel Coetzer, AfriForum se streekskoördineerder vir Mpumalanga-Wes, gesê.

Lees ook: AfriForum rig padtekens op Secunda op vir padveiligheid

 

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Highvelder, Standerton Advertiser

For more news and interesting articles, like us on Facebook, and follow us on Twitter and Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button