AfriForum ruim rommel op in Secunda se sentrale besigheidsgebied
Die tak beplan om die onwettige storting verder te ondersoek en indien moontlik, kennisgewingborde op te rig wat mense verbied om rommel te stort.
Die Secunda AfriForum-tak het op 9 Mei rommel verwyder wat onwettig voor die FNB op Evander gestort is.
Dit volg nadat een van die taklede daarvan bewus geword het op sosiale media.
Die tak beplan om die onwettige storting verder te ondersoek en indien moontlik, kennisgewingborde op te rig wat mense verbied om rommel te stort.
“Die AfriForum-tak is hier om die gemeenskap by te staan en ’n verskil te maak.
“Ons doen daarom ’n beroep op die gemeenskap om ons te skakel by 084 598 3945 as soortgelyke probleme opduik,” het mnr. Hennie Pretorius, voorsitter van AfriForum se Secunda-tak, gesê.
“AfriForum se selfdoenaksies maak ’n positiewe verskil op ons dorpe,” het me. Hillel Coetzer, AfriForum se streekskoördineerder vir Mpumalanga-Wes, beaam.
“Ons kan nie terugstaan en niks doen terwyl ons gemeenskappe agteruitgaan nie.
“Soortgelyke projekte sal deur die loop van die jaar geloods word.”
Lees ook: AfriForum rig padtekens op Secunda op vir padveiligheid
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Highvelder, Standerton Advertiser
For more news and interesting articles, like us on Facebook, and follow us on Twitter and Instagram



