Local newsNews

Afriforum vergemaklik rolstoeltoegang tot Silwerjare Tehuis vir Bejaardes deur pad te herstel

Afriforum het herstelwerk aan Du Plooystraat gedoen wat dit makliker maak vir mense met rolstoele om by die tehuis in en uit te gaan.

SAVF Silwerjare Tehuis vir Bejaardes op Bethal het Afriforum bedank vir die herstel van die pad voor die tehuis.

Afriforum se span het Du Plooystraat se slaggate gevul.

Dit maak dit maklik vir mense in rolstoele om toegang tot die tehuis te verkry.

Silwerjare het ook die volgende mense en ondernemings bedank: me. Ingrid Human van Afriforum, mnr. Kobus Pieterse, mnr. Kevin Dell, mnr. Marius Mellet, mnr. Christiaan van Niekerk en mnr. Tony van Timbercity Trichardt vir hul donasies, asook mnr. Anton Aucamp wat mense vir donasies genader het en mnr. Louis Klopper en mnr. Kobus Naudé wat die herstelwerk aan die pad gedoen het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button