Local newsNews

Plakker leef soos ’n koning in sy nuwe huis

Hone het vir meer as ses jaar op die straat gewoon voordat hy by sy nuwe huis ingetrek het.

Bethal se eie Hachiko, Plakker, die hawelose hond wat vir jare vergeefs op sy eienaars wat hom agtergelaat het, gewag het, is steeds baie gelukkig by sy nuwe huis.

Die Ridge Times het voorheen oor dié rondloperhond berig toe hy van die straat af geneem is omdat mense gedreig het om hom dood te maak.

Plakker het vir jare op straat gewoon en die gemeenskap het daagliks vir hom kos en water gegee.

Later is daar vir hom ’n hok op die hoek van Kleynhans- en Malherbestraat opgerig waar hy vir ses jaar gewoon het.

Daar was ook ’n klein nota op sy hok wat gelees het: “Asseblief julle, pas dié Bethal-kind van ons op. Hy sal nie byt nie, los hom net in vrede.”

Sedert einde 2016 het Plakker die huis op die hoek al hoe meer begin besoek.

“Plakker het een oggend deur die kat se toegang in die agterdeur gekruip en vir ons in die sitkamer kom kuier.

“Hy het net vir ’n kwartuur gekuier en weer vertrek,” het Plakker se nuwe eienaar gesê.

Plakker het al hoe meer gereeld in die huis gaan kuier.

“Na ’n paar weke se gekuier het ek een aand iemand hoor omdraai op die spaarkamer se bed.

“Ek het redelik benoud daar ingeloer en Plakker op die bed gevind.”

Dit was nie lank voordat Plakker homself elke aand op die spaarkamer se bed gaan tuis maak het nie.

“Kort voor lank het die daaglikse kuiers sommer heeldag geword en het die ou sommer behoorlik ingetrek.”

Plakker kom en gaan steeds deur die kat se toegang in die deur en is volgens sy eienaar ’n uitstekende waghond.

Sy het vertel at hy nie graag mans in die erf toelaat nie, maar dat hy altyd gretig is om haar vriendinne te verwelkom.

Een ding is vir seker, Plakker leef soos ’n koning in sy nuwe huis waar hy op sy stoel in die sitkamer sy dae verby kan slaap.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Standerton Advertiser & Highvelder

“Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button