Ondersteun kankerpasiënte en koop ‘n strik
Jy kan jou strik koop by die Ridge Times se kantoor of Kansa se kantoor.
Die jaarlikse strikprojek van die ATKV se Kosmosrandtak, maak einde November klaar.
Die projek staan bekend as Secunda Gee Om.
Me. Tracey van Wyk, voorsitter van die ATKV Vrouetak, bied jaarliks dié projek aan.
Inwoners kan nog tot einde November strikke koop en wys hulle ondersteun kankerpasiënte en hul gesinne.
Strikke kos R20 en kan aan bome of pale vasgemaak word.
Al die geld wat ingesamel word met dié projek, word aangewend om plaaslike kankerpasiënte te ondersteun.
Die strikke is beskikbaar in geel vir kinderkanker, blou vir kanker onder mans, pienk vir kanker onder vroue en pers vir enige kanker.
Jy kan jou strik koop by die Ridge Times se kantoor of Kansa se kantoor.
Dit is ook beskikbaar by me. Van Wyk.
Skakel haar by 074 103 6381.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder
“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.



