Ouma Noesie vier 104de verjaarsdag
Me. Maria Visagie, beter bekend as Ouma Noesie, het op 22 September haar 104de verjaarsdag gevier.

Me. Maria Visagie, beter bekend as Ouma Noesie, het op 22 September haar 104de verjaarsdag gevier.
Sy woon reeds 26 jaar by haar dogter, me. Minkie Stapelberg, op Secunda.
Sy het van hul plaas naby Calvinia na Secunda verhuis toe haar man, mnr. Izak Visagie, in 1991 aan ’n hartaanval dood is op die ouderdom van 76.
Ouma Noesie was net 11 jaar oud toe haar ma dood is aan maagkoors en sy moes toe haar vyf jonger broers, waarvan die jongste een net drie maande oud was, help grootmaak.
Lees ook: Besig bly en genade is hoe mens gesond oud word.
Toe sy met mnr. Visagie getroud is, het hy by sy ma grond gekoop, reg langs Slingerfontein en hulle het saam met hul skape rondgetrek en hulself op die plaas Syferfontein gevestig.
Lees ouma Noesie se volledige storie in die Ridge Times koerant hier.
Lees ook: Tannie Kotie is 104





