Local newsNews

Louis is gemaklik met kwas in die hand

'n Plaaslike kunstenaar, mnr. Louis Trichardt, het vanjaar vir die eerste keer vir die Sanlam Portrettoekennings ingeskryf en was onder die top 100 inskrywings.

‘n Plaaslike kunstenaar, mnr. Louis Trichardt, het vanjaar vir die eerste keer vir die Sanlam Portrettoekennings ingeskryf en was onder die top 100 inskrywings.

Sanlam het sowat 1 400 inskrywings vir die toekennings ontvang waaruit hulle die beste 100 skilderye aanvaar het vir die kompetisie. Hierna is die beste 40 gekies.

Dié kompetisie word elke twee jaar aangebied.

Mnr. Trichardt skilder graag portrette en landskappe en het reeds materiaal begin bymekaar maak om oor twee jaar weer vir die Sanlam Portrettoekennings in te skryf.

Hy het vanjaar ook vir die eerste keer vir die Eisteddfod-kompetisie ingeskryf en twee afdelings gewen.

Lees die volledige artikel in die Echo koerant op ons webtuiste hier.

Mnr. Louis Trichardt se skildery was onder die top 100 in die Sanlam Portrettoekennings.
Mnr. Louis Trichardt met die skets wat hy vir die Eisteddfod-kompetisie ingeskryf het en waarmee hy gewen het.

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button