Local newsNews

Moths herdenk ou kamerade

Die publiek kon ook kranse lê ter ere aan hul gestorwe geliefdes.

Die Memorable Order of Tin Hats (Moths) het verlede Sondag hul jaarlikse herdenkingsdiens en kranslegging ter ere van oud-kamerade by Monte Sole Shellhole gehou.

Hulde is gebring aan manne en vroue wat vir hul land geveg het en kranse is gelê om ook dié wat hul lewens afgelê het vir hul land, te herdenk.

Die publiek kon ook kranse lê ter ere aan hul gestorwe geliefdes.

Kapelaan Johan Smit het die verrigtinge geopen met skriflesing en gebed en kol. Kobus Human het die toespraak gelewer en veral uitgebrei oor die slag van Lumba wat in 1987 en 1988 plaasgevind het.

Die polisieorkes het opgetree.

Ná afloop van die verrigtinge is gesellig saamgekuier en ’n gekookte maaltyd aan die gaste voorgesit.

Die Moths het almal bedank wat die parade bygewoon en moontlik gemaak het.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button