Local newsNews

[Foto’s en video] Leandra boer, Albert Roarty stuur voer Kaap toe om boere daar te help

Daar was altesaam 40 vragmotors wat vir boere voer afgelaai het die naweek.

’n Plaaslike boer, mnr. Albert Roarty, het sy hart oopgemaak nadat hy ’n videogreep van ’n boer in die Kaap gekyk het wat vir bale hooi vir sy buurman gevra het weens die droogte wat die Kaap tans beleef.

 

Sy vrou, me. Daleen Roarty, het briewe met woorde van bemoediging saamgestuur vir die boere.

Mnr. Roarty het die boer in die Kaap, mnr. Louis Lategan geskakel en gesê hy sal drie vragte voer skenk as mnr. Lategan net iemand kan reël om dit te vervoer.

Mnr. Jaco Mostert wat ’n vervoeronderneming het, het ook mnr. Lategan se videogreep gesien en besluit om drie vragmotors te voorsien.

Hulle het Vrydagmiddag vertrek na die plaas wat sowat 45km vanaf Aberdeen in die Oos-Kaap is.

Volgens mnr. Mostert was daar altesaam 40 vragmotors wat vir boere voer afgelaai het die naweek.

Die boere het dié vragte tussen 50 boere verdeel.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button