Local newsNews

Hou op skaam wees vir Down Sindroom

Ek het met my dogter in die dorp geloop en mense het my voorgekeer en gevra of ek weet dat daar iets fout is met my kind.

Min mense weet dat ’n hele maand aan Down Sindroom gewy word.

Oktober was Down Sindroommaand en wêreldwyd word Down Sindroomdag op 20 Oktober gevier.

Die doel daarvan is om ondersteuning aan ouers, kinders en volwassenes met Down Sindroom te toon.

Ouers in Secunda met kinders wat dié sindroom het, het agtergekom dat ’n groot deel van die gemeenskap nog oningelig is.

Me. Charlet van Zyl het vertel: “Ek het met my dogter in die dorp geloop en mense het my voorgekeer en gevra of ek weet dat daar iets fout is met my kind.

Indien jy graag by dié groep wil aansluit of ondersteuning nodig het, skakel mnr. Jacques Naudé by 072 497 3211.

Dié groep ondersteun nie net mense op Secunda nie, maar ook van die omliggende omgewing.

Lees die volledige artikel in die Ridge Times koerant op ons webtuiste hier.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

 

Ouers met kinders wat Down Sindroom het, het bymekaargekom om Nasionale Down Sindroomdag te vier. Agter is mnr. Jacques Naudé en mnr. Lionel van Zyl. Voor is me. Chantel en Shaun Naudé, me. Chartel en Leechelle van Zyl. Op hulle hemde staan, ‘We love homies with extra chromies.’ Shaun en Leechelle ly albei aan Down Sindroom.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button