Local newsNews

ATKV help egpaar met 15 pleegkinders

Hulle het besluit om voor Kersfees ’n nuwe projek aan te pak en samel tans kos, toiletware en geld in om vir pleegkinders spesiale pakkies op te maak vir Kersfees.

Lede van die ATKV Kosmosrand se vroue-tak het Dinsdag, 7 November bymekaar gekom en hul projekte vir volgende jaar bespreek.

Hulle het besluit om voor Kersfees ’n nuwe projek aan te pak en samel tans kos, toiletware en geld in om vir pleegkinders spesiale pakkies op te maak vir Kersfees.

Mnr. Doug en me. Cecele Kelly het 15 kinders wat in pleegsorg by hulle woon op hul plaas buite Leandra.

Lees ook: Doug en Cecele Kelly was tot nou pleegouers van 92 kinders in Leandra

Lede van die ATKV het dié plaas besoek en ’n behoeftebepaling gedoen.

Hul ander projek is die Secunda Gee Om Strikkeprojek ten bate van kankerpasiënte.

Dié projek duur tot einde November en belangstellendes kan strikke koop by die Ridge Times se kantoor of by me. Tracey van Wyk of Kansa se kantoor.

Die doel van dié projek is om geld in te samel wat spesifiek vir kankerpasiënte op Secunda en omgewing aangewend word.

Strikke kos R20 en is beskikbaar in geel vir kinderkanker, blou vir kanker onder mans, pienk vir kanker onder vroue en pers vir enige kanker.

Vir meer inligting, skakel me. Van Wyk by 074 103 6381.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button