Local newsNews

Blye weersiens na 20 jaar

Volgens die oud-leerders het ’n toer deur Nelstehuis baie herinneringe teruggebring

Die 1997 matriekgroep van EHS het onlangs reünie gehou en selfs die koue weer kon nie vrolikheid demp nie.

“Ons het deur soveel vervalle dorpies gery om by Ermelo uit te kom dat dit Prozac vir die siel is om by EHS se hekke in te draai.

“Die pragtige rose, gedenkmuur, die hokkiekamer en luukse argief laat die skool soveel beter as 20 jaar gelede lyk,” het me. Helet Wiesner neé Conradie, hoofmeisie van 1997, gesê.

Volgens die oud-leerders het ’n toer deur Nelstehuis baie herinneringe teruggebring

Die groep het ná hul besoek aan die skool by Paardekraal verder gaan kuier en ou stories is opgediep en afgestof.

Hulle het die mense van Ermelo vir hul gasvryheid bedank.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button